Genoeg vir: 4 as bygereg
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
-
20 ml olyfolie
-
1 ui, in ringetjies gesny
-
1 pakkie broccoli, gekap
-
2 medium rooi soetrissies, ontpit en in repies gesny
1 Verhit olyfolie in 'n groot braaipan. Voeg ui by en braai tot ligbruin. Voeg broccoli en soetrissie by. Braai tot die groente sag, maar nog krakerig is.
Hou in gedagte
- Verbeter die beheer oor jou bloedsuikervlak deur baie komplekse koolhidrate te eet, soos volkoringbrood, hawermout, bone en lensies.
- Wees versigtig vir kosse met baie suiker. Jy hoef nie alle suiker uit te sny as jy 'n diabeet is nie - klein hoeveelhede is aanvaarbaar, solank jy genoeg kos met 'n hoë vesel- en 'n lae vetinhoud eet, en die suiker deel vorm van 'n gebalanseerde eetplan in die algemeen.
Verwante artikels
Leef met diabetes
Kleurvolle roerbraai en koeskoes