Click here for the English Version

Handwerk & Dekor

Origami: hoe om gelukbringertjies te vou [0Kommentaar ]

Origami geluk-
bringer-oorbelle

Vou origami-sterretjies (hulle bring glo geluk) en gebruik dit om oorbelle te maak, óf sit 'n klomp in 'n glasfles en gee dit vir iemand present.

Jy benodig

  • mooi papier
  • metaalliniaal
  • handwerkmessie en snymat
  • gewone speld
  • 4 juwelierspelde
  • glaskraletjies
  • juwelierstangetjie
  • oorbelhakies

Let wel: Die voorkant van die papier word in die diagramme met blou aangedui en die agterkant met oranje.

Simbole

So maak jy
Vouwerk
1 Sny twee 1 cm-breë strokies uit mooi papier, elk minstens 10 cm lank. Gebruik 'n metaalliniaal, handwerkmessie en snymat om die strokies die presiese breedte te sny.

2 Vou een strokie in 'n los knoop.

3 Trek die punte styf en druk die knoop netjies plat.

4 Druk die kortste punt netjies in die naaste gleuf in die knoop in.

5 Vou die lang punt netjies bo-oor die knoop en druk dit in die naaste gleuf in. Nou het jy 'n plat sterretjie.

6 Begin by een punt en druk dit met jou duim en voorvinger tot dit uitpof. Herhaal met die ander punte om 'n driedimensionele sterretjie te kry.

7 Vou die ander strokie op dieselfde manier in 'n sterretjie.

Oorbelle
8 Druk 'n speld deur een van die ster se punte, regdeur tot aan die ander kant, om twee gaatjies in die ster te maak.

9 Steek 'n juwelierspeld deur die tweede gaatjie tot in die eerste gaatjie en ryg 'n kraletjie daarop in. Gebruik die tangetjie en buig die speld se punt in 'n lussie en haak dit aan 'n oorbelhakie voordat jy dit toebuig.

10 Ryg 'n paar kraletjies op nog 'n juwelierspeld in en buig die punt in 'n lussie. Haak dit aan die eerste speld se ogie en buig dit toe.

11 Herhaal stappe 1 tot 3 om die ander oorbel te maak.

Blink idee
As jy nie spesiale origamipapier kan kry nie, kan jy plakboekpapier gebruik. Sny dit in 'n perfekte vierkant voordat jy begin vou.

Nuttige wenke

  • Jou hande moet altyd silwerskoon wees voor jy begin met die vouwerk.
  • Vou die lyne so skerp en netjies as wat jy kan.
  • Hou die diagramme byderhand en kyk na die volgende stap terwyl jy vou sodat jy kan sien hoe die voltooide vou moet lyk.
  • Sommige vorms is baie ingewikkeld om te vou en jy sal dit dalk nie die eerste keer regkry nie. Moenie moed verloor nie. Vat 'n blaaskans en probeer weer.

Verwante artikels
Origami papierlelies

Bewertjie met origami kraanvoëls

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Handwerk & Dekor blogs

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n besigheid wat juweliersware maak van handgemaakte krale.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor handgeborduurde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Dis tyd om bekommerd te raak wanneer kombuisgereedskap uitgehaal word om kunswerke te skep! Ek's 'n foodie met 'n missie om my huis goedkoop mooi te maak. Huiskoop is nie goedkoop nie en ek moes al my kreatiwiteit inspan om ons nuwe huis in 'n tuiste te omskep.

deur Tani Kirsten

Ek werk nou al amper vier jaar hier by Idees, en voor dit nog 16 jaar by verskeie ander Media24-tydskrifte, so eintlik sal mens dink een of ander tyd moet mens blasé raak wanneer dit by shoots kom, maar tog nie.

deur Dala Watts

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor een van ons land se bekendste tekstiel-ontwerpers.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Usisi, bekend vir hul gehekelde koperdraad-produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Wren se handgemaakte handsakke en beursies.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n handwerker van Kaapstad.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf vir ons oor Papercake Trading.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Mielie.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Tin City.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn van Babazeka vertel van een van die Swaziland-projekte wat seur haar organisasie ondersteun word.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n wonderlike handwerkprojek, genaamd Flock - Ladies of the Karoo, op die dorpie Petrusville in die Groot-Karoo.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n handwerkprojek in Suid-Afrika, genaamd Paper Prayers.

deur Sarah Barnhoorn

Pleks daarvan om vir jou van nog een van die bemagtigingsprojekte te vertel wat Babazeka ondersteun, het ek besluit om vir jou van die mooi Kersversierings te wys wat dié mense maak.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van een van die innoverendste werkskeppings-handwerkprojekte in Suid-Afrika, genaamd Ollymolly.

deur Sarah Barnhoorn

My sussie Liezl het ‘n manier om kinderpartytjies so maklik te laat lyk. Sy tower die die tema so stilweg op en as ek weer sien is alles gedoen. Van bypassende koek en dekor tot die perfekte uitrusting vir die verjaarsdag meisie!

deur Carla Nel

Ek wonder of jy al gehoor het van die mode-en-dekor-gemeenskapsprojek genaamd Mongoose? Hulle is in Pretoria en het minstens 10 vroue en 2 mans van die omliggende townships in hul diens.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle vertel van Gone Rural. Dis die eerste projek vanuit Swaziland waarby Babazeka betrokke geraak het, en hulle maak die mooiste handgeweefde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

As stadsjapies is ons bevoorrreg om vriende te hê wat op die platteland grootgeword het.

deur Carla Nel

Een van my gunsteling-reeks produkte is dié van die Irene Werner-handelmerk.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle voorstel aan die eerste van die wonderlike projekte wat ons begin ondersteun het.

deur Sarah Barnhoorn

Awareknits is 'n nuwe boek deur Vickie Howel en Adrienne Armstrong. Dit kombineer brei en hekel met eko-vriendelike naaldwerk idees.

deur Leanne Feris

Ek raak laas week bewus van 'n buitengewone nuwe houertjie op my lessenaar...

deur Carla Nel

Ek was die naweek by die Homemakers Expo by die KIKS (alombekend as die CTICC).

deur Leanne Feris

Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na die koms van my goeie vriendin Cara se nuwe babadogtertjie. Nie net omdat dit die eerste kleintjie, vir ’n lang tyd, in die vriendekring sou wees nie, maar ook omdat dit beteken dis tyd vir ’n ooievaarstee!

deur Carla Nel

Tussen al die reën en storms deur probeer ons om die September-uitgawe te skiet.

deur Dala Watts

Daar word op 'n gereelde basis vir my gefrons as ek noem ek is 'n dekor stilis.

deur Carla Nel

Hierdie gebreide vliegtuigies is te skattig.

deur Erla-Mari Diedericks

Hierdie is sekerlik een van die mooiste 'kantore' op die planet.

deur Erla-Mari Diedericks

Nou ja, hoe gemaak as jy 'n passie het vir die Vrystaat, daar gebore en getoë is, en nou al die afgelope 20 jaar in die Kaap bly?

deur Dala Watts

Op technikon en selfs nou hoor ek gereeld die gesegde: Minder is meer, of altans "Less is More".

deur Carla Nel

Baie keer sit 'n mens sonder genoeg skinkborde.

deur Erla-Mari Diedericks

Ek is dol oor 'n foto muur. Daar is min dinge wat so lekker is as om by iemand se huis in te stap en 'n muur vol van hul geliefdes en hul goeie herinneringe te sien nie.

deur Carla Nel

Soek alle Handwerk & Dekor artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte