Click here for the English Version

Handwerk & Dekor

Aantrekkamer  [1Kommentaar ]

Rig 'n aantrek-
kamer
in

Omskep daardie spaarvertrekkie in 'n lieflike aantrekkamer met oorgenoeg pakplek vir al jou klere, skoene en bykomstighede.

Die probleem
Hierdie vertrek, wat te klein is vir 'n slaapkamer, was 'n redelike kopseer vir die eienaar. Hoewel sy dit as studeerkamer gebruik het, wou sy graag iets besonders daarmee doen, maar sy het nie werklik geweet wat nie.

Die oplossing
'n Gebrek aan pakplek in haar klerekas het uiteindelik gelei tot die inspirasie vir hierdie pragtige aantrekkamer waar al haar klere, skoene en bykomstighede netjies gebêre word.

Die terracotta-teëls is wit en swart geverf en spieëls met vroulike lyne is teen die mure opgesit om die sterk kontraste te versag.


Voor

Ingeboude rakke
'n Projek soos dié moet liefs deur 'n professionele skrynwerker aangepak word, maar indien jy of jou man kans sien om dit self te doen, moet julle die volgende in gedagte hou:

  • Dink prakties wanneer jy die ontwerp doen. Waarvoor gaan die stoorplek gebruik word? Watter tipe rakke en hangplek is nodig en hoe groot moet die spasies vir elk wees?

 

  • Maak eers rofweg sketse van die uitleg en die grootte en posisie van die rakke en hangplek. Hou die uitleg van die vertrek in gedagte, soos die ligging van die vensters en deure en die gebruik daarvan.

 

  • Teken jou finale ontwerp volgens skaal. Dit moet al die werklike mates, byvoorbeeld die lengte van mure en die afmetings van elke rak, aandui. Onthou om die dikte van die hout wat jy gaan gebruik, in ag te neem wanneer jy die mates uitwerk.

 

  • Die meeste ysterwarewinkels kan die hout vir jou saag, maar jy sal 'n afskrif van jou ontwerp met al die mates wat duidelik daarop aangedui is vir hulle moet gee. Dui ook duidelik aan watter dele teen 'n hoek gesaag moet word. Handelaars wat dié diens bied, het gewoonlik 'n vorm waarop jy al hierdie inligting moet invul. Sorg dus dat al die mates en snyvlakke reg ingevul is en vergelyk weer die gesaagde hout met jou lys om seker te maak dat alles reg pas voor jy begin bou.

 

  • Skroef eers die onderskeie stukke aan mekaar vas voor jy dit in die muur vasskroef. Maak seker dat dit deur die deur sal pas voor jy te ver vorder. Hou altyd jou oorspronklike ontwerp byderhand sodat jy dit kan raadpleeg soos nodig.

Muur van spieëls


Om 'n spieël in 'n vorm te sny is 'n redelik gespesialiseerde werk en nie alle glasverskaffers doen dit nie. Jy sal dus moet rondvra om iemand te kry, maar dit sal die moeite werd wees. Teken die vorms wat jy wil hê in die regte grootte op papier.

Vra die verskaffer om die spieëls presies so te sny en om die rande te beveilig. Hy kan die rande selfs skuins sny vir 'n meer dekoratiewe afwerking, maar dit kos nogal heelwat. Gebruik die papierpatrone om die posisies van die spieëls teen die muur te bepaal en plak dit dan met spieëlplakband vas.

Blokkiesvloer

Omskep terracotta-teëls in 'n swart-en-wit blokkiesvloer. Sorg dat die vloer skoon en droog is, en gebruik dan 'n sponsroller om 'n laag Alcolin Permobond oor die hele vloer te verf. Dit seël die teëls en skep 'n basis waarop die verf kan kleef. Laat dit goed droog word en verf dan die teëls met wit en swart Plascon-vloerverf. Gebruik 'n roller om 'n mooi afwerking te kry.

Koop die April 2010-uitgawe vir aanwysings vir van die ander projekte in hierdie vertrek.

Verwante artikels
Aantrekkamer vir 'n man

Jou eie klein boudoir

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Handwerk & Dekor blogs

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n besigheid wat juweliersware maak van handgemaakte krale.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor handgeborduurde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Dis tyd om bekommerd te raak wanneer kombuisgereedskap uitgehaal word om kunswerke te skep! Ek's 'n foodie met 'n missie om my huis goedkoop mooi te maak. Huiskoop is nie goedkoop nie en ek moes al my kreatiwiteit inspan om ons nuwe huis in 'n tuiste te omskep.

deur Tani Kirsten

Ek werk nou al amper vier jaar hier by Idees, en voor dit nog 16 jaar by verskeie ander Media24-tydskrifte, so eintlik sal mens dink een of ander tyd moet mens blasé raak wanneer dit by shoots kom, maar tog nie.

deur Dala Watts

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor een van ons land se bekendste tekstiel-ontwerpers.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Usisi, bekend vir hul gehekelde koperdraad-produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Wren se handgemaakte handsakke en beursies.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n handwerker van Kaapstad.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf vir ons oor Papercake Trading.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Mielie.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Tin City.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn van Babazeka vertel van een van die Swaziland-projekte wat seur haar organisasie ondersteun word.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n wonderlike handwerkprojek, genaamd Flock - Ladies of the Karoo, op die dorpie Petrusville in die Groot-Karoo.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n handwerkprojek in Suid-Afrika, genaamd Paper Prayers.

deur Sarah Barnhoorn

Pleks daarvan om vir jou van nog een van die bemagtigingsprojekte te vertel wat Babazeka ondersteun, het ek besluit om vir jou van die mooi Kersversierings te wys wat dié mense maak.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van een van die innoverendste werkskeppings-handwerkprojekte in Suid-Afrika, genaamd Ollymolly.

deur Sarah Barnhoorn

My sussie Liezl het ‘n manier om kinderpartytjies so maklik te laat lyk. Sy tower die die tema so stilweg op en as ek weer sien is alles gedoen. Van bypassende koek en dekor tot die perfekte uitrusting vir die verjaarsdag meisie!

deur Carla Nel

Ek wonder of jy al gehoor het van die mode-en-dekor-gemeenskapsprojek genaamd Mongoose? Hulle is in Pretoria en het minstens 10 vroue en 2 mans van die omliggende townships in hul diens.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle vertel van Gone Rural. Dis die eerste projek vanuit Swaziland waarby Babazeka betrokke geraak het, en hulle maak die mooiste handgeweefde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

As stadsjapies is ons bevoorrreg om vriende te hê wat op die platteland grootgeword het.

deur Carla Nel

Een van my gunsteling-reeks produkte is dié van die Irene Werner-handelmerk.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle voorstel aan die eerste van die wonderlike projekte wat ons begin ondersteun het.

deur Sarah Barnhoorn

Awareknits is 'n nuwe boek deur Vickie Howel en Adrienne Armstrong. Dit kombineer brei en hekel met eko-vriendelike naaldwerk idees.

deur Leanne Feris

Ek raak laas week bewus van 'n buitengewone nuwe houertjie op my lessenaar...

deur Carla Nel

Ek was die naweek by die Homemakers Expo by die KIKS (alombekend as die CTICC).

deur Leanne Feris

Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na die koms van my goeie vriendin Cara se nuwe babadogtertjie. Nie net omdat dit die eerste kleintjie, vir ’n lang tyd, in die vriendekring sou wees nie, maar ook omdat dit beteken dis tyd vir ’n ooievaarstee!

deur Carla Nel

Tussen al die reën en storms deur probeer ons om die September-uitgawe te skiet.

deur Dala Watts

Daar word op 'n gereelde basis vir my gefrons as ek noem ek is 'n dekor stilis.

deur Carla Nel

Hierdie gebreide vliegtuigies is te skattig.

deur Erla-Mari Diedericks

Hierdie is sekerlik een van die mooiste 'kantore' op die planet.

deur Erla-Mari Diedericks

Nou ja, hoe gemaak as jy 'n passie het vir die Vrystaat, daar gebore en getoë is, en nou al die afgelope 20 jaar in die Kaap bly?

deur Dala Watts

Op technikon en selfs nou hoor ek gereeld die gesegde: Minder is meer, of altans "Less is More".

deur Carla Nel

Baie keer sit 'n mens sonder genoeg skinkborde.

deur Erla-Mari Diedericks

Ek is dol oor 'n foto muur. Daar is min dinge wat so lekker is as om by iemand se huis in te stap en 'n muur vol van hul geliefdes en hul goeie herinneringe te sien nie.

deur Carla Nel

Soek alle Handwerk & Dekor artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte