Click here for the English Version

Handwerk & Dekor

Handwerk & Decor [0Kommentaar ]

Blom-bewertjie

Laat jou baba haar vergaap hieraan, of maak dit sommer vir die mooi vir jou huis of stoep.

Jy benodig

blompatroon draadraamwerk vir 'n blomkrans (dis by bloemistes te kry)
dik karton
helderkleurige bypassende
geskenk- of plakboekpapier
helderkleurige blom-knope
oranje breidraad
oranje spuitverf
gomstiffie
skêr
potlood

So maak jy

1 Vergroot die blompatroon tot twee verskillende groottes: een effens groter as die ander een. Knip dit uit.
2 Trek die twee blomvorms na op dik karton en knip dit uit - dis jou stensils om die vorms op jou mooi papier na te trek.
3 Trek die blomvorms op die agterkant van die mooi papier na en knip dit uit.
4 Spuit die draadraamwerk met 'n paar lae oranje spuitverf (of die kleur van jou keuse) totdat dit egalig oranje is.
5 Knip so vyf lengtes van jou breidraad af - almal ewe lank - en bind dit ewe ver van mekaar af aan die raamwerk vas. Bind die los punte aan die bokant aan mekaar vas en hang dit iewers sodat jy verder kan werk.
6 Knip nog lengtes breidraad af - hulle kan maar lekker lank wees, want jy kan dit altyd later korter knip - en bind dit weer eens ewe ver van mekaar af aan die raamwerk vas.
7 Neem nou jou gomstiffie en plak blomme van dieselfde grootte twee-twee op mekaar vas met die breidraad tussenin. Wissel die grootte van die blomme af op elke lengte breidraad en die bewertjie as geheel en staan telkens terug om te kyk waar daar nog blomme kort.
8 As jy tevrede is met die voorkoms, kan jy die punte van die breidraad die verlangde lengte afknip en helderkleurige blom-knope tussen die blomme vaswerk vir afronding.

 

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Handwerk & Dekor blogs

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n besigheid wat juweliersware maak van handgemaakte krale.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor handgeborduurde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Dis tyd om bekommerd te raak wanneer kombuisgereedskap uitgehaal word om kunswerke te skep! Ek's 'n foodie met 'n missie om my huis goedkoop mooi te maak. Huiskoop is nie goedkoop nie en ek moes al my kreatiwiteit inspan om ons nuwe huis in 'n tuiste te omskep.

deur Tani Kirsten

Ek werk nou al amper vier jaar hier by Idees, en voor dit nog 16 jaar by verskeie ander Media24-tydskrifte, so eintlik sal mens dink een of ander tyd moet mens blasé raak wanneer dit by shoots kom, maar tog nie.

deur Dala Watts

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor een van ons land se bekendste tekstiel-ontwerpers.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Usisi, bekend vir hul gehekelde koperdraad-produkte.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Wren se handgemaakte handsakke en beursies.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor 'n handwerker van Kaapstad.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf vir ons oor Papercake Trading.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Mielie.

deur Sarah Barnhoorn

Gas-blogger Sarah Barnhoorn van Babazeka skryf oor Tin City.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn van Babazeka vertel van een van die Swaziland-projekte wat seur haar organisasie ondersteun word.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n wonderlike handwerkprojek, genaamd Flock - Ladies of the Karoo, op die dorpie Petrusville in die Groot-Karoo.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van 'n handwerkprojek in Suid-Afrika, genaamd Paper Prayers.

deur Sarah Barnhoorn

Pleks daarvan om vir jou van nog een van die bemagtigingsprojekte te vertel wat Babazeka ondersteun, het ek besluit om vir jou van die mooi Kersversierings te wys wat dié mense maak.

deur Sarah Barnhoorn

Gasblogger Sarah Barnhoorn vertel van een van die innoverendste werkskeppings-handwerkprojekte in Suid-Afrika, genaamd Ollymolly.

deur Sarah Barnhoorn

My sussie Liezl het ‘n manier om kinderpartytjies so maklik te laat lyk. Sy tower die die tema so stilweg op en as ek weer sien is alles gedoen. Van bypassende koek en dekor tot die perfekte uitrusting vir die verjaarsdag meisie!

deur Carla Nel

Ek wonder of jy al gehoor het van die mode-en-dekor-gemeenskapsprojek genaamd Mongoose? Hulle is in Pretoria en het minstens 10 vroue en 2 mans van die omliggende townships in hul diens.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle vertel van Gone Rural. Dis die eerste projek vanuit Swaziland waarby Babazeka betrokke geraak het, en hulle maak die mooiste handgeweefde produkte.

deur Sarah Barnhoorn

As stadsjapies is ons bevoorrreg om vriende te hê wat op die platteland grootgeword het.

deur Carla Nel

Een van my gunsteling-reeks produkte is dié van die Irene Werner-handelmerk.

deur Sarah Barnhoorn

Vandag wil ek julle voorstel aan die eerste van die wonderlike projekte wat ons begin ondersteun het.

deur Sarah Barnhoorn

Awareknits is 'n nuwe boek deur Vickie Howel en Adrienne Armstrong. Dit kombineer brei en hekel met eko-vriendelike naaldwerk idees.

deur Leanne Feris

Ek raak laas week bewus van 'n buitengewone nuwe houertjie op my lessenaar...

deur Carla Nel

Ek was die naweek by die Homemakers Expo by die KIKS (alombekend as die CTICC).

deur Leanne Feris

Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na die koms van my goeie vriendin Cara se nuwe babadogtertjie. Nie net omdat dit die eerste kleintjie, vir ’n lang tyd, in die vriendekring sou wees nie, maar ook omdat dit beteken dis tyd vir ’n ooievaarstee!

deur Carla Nel

Tussen al die reën en storms deur probeer ons om die September-uitgawe te skiet.

deur Dala Watts

Daar word op 'n gereelde basis vir my gefrons as ek noem ek is 'n dekor stilis.

deur Carla Nel

Hierdie gebreide vliegtuigies is te skattig.

deur Erla-Mari Diedericks

Hierdie is sekerlik een van die mooiste 'kantore' op die planet.

deur Erla-Mari Diedericks

Nou ja, hoe gemaak as jy 'n passie het vir die Vrystaat, daar gebore en getoë is, en nou al die afgelope 20 jaar in die Kaap bly?

deur Dala Watts

Op technikon en selfs nou hoor ek gereeld die gesegde: Minder is meer, of altans "Less is More".

deur Carla Nel

Baie keer sit 'n mens sonder genoeg skinkborde.

deur Erla-Mari Diedericks

Ek is dol oor 'n foto muur. Daar is min dinge wat so lekker is as om by iemand se huis in te stap en 'n muur vol van hul geliefdes en hul goeie herinneringe te sien nie.

deur Carla Nel

Soek alle Handwerk & Dekor artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte