Click here for the English Version

Jou Lewe

Jou Lewe

Stel jou sakeplan op

'n Sakeplan kan jou nuwe onderneming maak of breek. Ons bring jou nóg 'n stap nader aan die bereiking van jou droom.

As dit alles vir jou effens troebel klink, jou oë glasig word en jou brein soos watte begin voel, ontspan: Jy is nie alleen nie en - belangriker - daar is professionele mense wat jou kan help.

>  LEES VERDER

Jou Lewe

Reg vir die sprong?

Hier is 10 dinge wat jy moet onthou voor jy jou eie onderneming begin.

>  LEES VERDER

Jou Lewe

Geniet weer die lewe

Ons beleef swaar tye, maar jy mag nie toelaat dat negatiwiteit jou onderkry nie. Hier is 10 eenvoudige, doeltreffende maniere om die blink kant bo te hou.

Ons almal het soms teleurstellings en uitdagings om te oorkom - of jy nou jou werk verloor, deur 'n egskeiding gaan, of 'n ander pynlike of stresvolle ding beleef. Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie, maar wel hoe jy dit hanteer. Só doen jy dit.

>  LEES VERDER

Jou Lewe

Kry jou hormone onder beheer

Hormone kry die skuld vir baie dinge, maar jy hoef nie 'n slagoffer van jou liggaam se chemise reaksies te wees nie! Hier is 10 maniere om jou hormone vir jóú te laat werk.

Ons spot dikwels ‘dis my hormone wat pla', maar weet jy watter belangrike rol jou hormone in jou gesondheid speel? Dit bepaal nie net soms in watter bui jy is nie, maar het ook 'n invloed op jou voorkoms, gewig,watter siektes jy gaan kry en hoe jygaan verouder.

>  LEES VERDER

Laevet dieet

Als oor laevet-kos

Daar's baie voordele aan 'n eetplan wat laag in vette is, het Leanne Feris ontdek.

>  LEES VERDER

Laai dit af

Boekmerk

Klik op die PDF knoppie om hierdie boekmerk af te laai.

>  LEES VERDER

Raad vir diabete

Lééf met diabetes

As jy sonder enige rede gewig begin verloor, en geïrriteerd en altyd moeg voel, is jy dalk 'n diabeet. Gelukkig kan jy dit beheer deur reg te eet.

>  LEES VERDER

Uit met die vlekke!

Laai ons vlekverwyderingsgids af

Volg ons beproefde metodes om vlekke te verwyder. Onthou, vir die beste resultate moet jy vlekke behandel terwyl hulle nog nuut is.

>  LEES VERDER

Jou Lewe blogs

Partykeer is dit die moeite werd om ver te ry agter ’n goeie storie aan. Hier by ons doen ons dit nie gereeld nie, maar toe ek Merewyn de Heer se juweliersware by die Design Indaba se ekspo sien, het ek net geweet ek moet eenvoudig iets oor haar doen. Dus het ek aan die werk gespring en die internet ge-surf, en nie lank daarna nie het ons ’n datum gereël vir ’n shoot. Die enigste vereiste van die grootbaas hier was bring meer as een storie terug.

deur Dala Watts

Plastiekbakkies is soos sokkies. Nie net omdat hulle soms 'n vreemde reukie het nie, maar omdat daar net twee stukke in 'n stel is en op een of ander manier gaan daar een stuk verlore.

deur Tani Kirsten

Ons almal weet tee kom van 'n plant, maar hoe dit verander gedroogde bruin blaartjies in 'n sakkie? Ek het gaan uitvind en was heeltemal verstom!

deur Tani Kirsten

Suid-Afrikaanse wyndrinkers hoor al jare lank dat hulle 'n sauvignon blanc moet geniet wanneer dit jonk en vars is, en - soos een van my vriende altyd sê - 'liefs voor die einde van die krieketseisoen'.

deur Diana Procter

Gas-blogger Sarah Barnhoorn vertel vir ons van Suid-Afrikaners wat 'n positiewe verskil maak - op hul eie manier.

deur Sarah Barnhoorn

My vroegste herinnering aan Kersfees is van hoe my ma my en my sussie toegedraai het in ’n skepping van wit net en silwer tinsel om ons koppe gedraai het, en waar ons erg dikbek vir die res van die familie eers Kerskonsert moes hou.

deur Dala Watts

Wynliefhebbers kan Veritas-wenners landwyd proe.

deur Diana Procter

Speech maak kom nie vir my natuurlik nie. Gewoonlik verkies ek om maar agter my rekenaar my ding te doen, maar soms gebeur dit tog dat ek ingee en wel êrens moet gaan praat.

deur Dala Watts

Ek was 'n paar dae gelede by die Old Biscuit Mill in Soutrivier vir 'n Kersfees bekendstelling.

deur Leanne Feris

Dis my verjaardagmaand en ek moes besluit wat ek van my man af wou hê. Ek het besluit op 'n geskenk wat nie net aanhou gee nie, maar ook help om die aarde te red. My keuse mag jou dalk verbaas - ek het besluit op 'n wurmplaas.

deur Tani Kirsten

Tyd en geld is maar altyd skaars - dus wou ek vir my verjaardag iets doen wat nie so baie tyd vat nie en nie die sak te veel ruk nie.

deur Erla-Mari Diedericks

Wat tulpe besonders maak, is dat hul nooit dieselfde lyk in 'n pot nie omdat hulle die hele tyd buig en ander vorms aanneem.

deur Erla-Mari Diedericks

Die afgelope tyd was soos 'n warrelwind van rond hardloop, verf, bou, prop, lag (soms skree) en natuurlik pragtige fotos.

deur Carla Nel

Ek het verlede jaar weer begin brei. Dis nou nadat ek laas in primêre skool gebrei het. En het ek dit gehaat!

deur Leanne Feris

Hierdie koekies laat my hart vinniger klop en dis maklik om te maak.

deur Erla-Mari Diedericks

Ons het 'n besige maand agter die rug hier by Idees. Ons het nie net ons tydskrif se voorkoms verander nie, maar het ook ons webwerf heeltemal nuutgemaak.

deur Leanne Feris

Soek alle Jou Lewe artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte