Click here for the English Version

Jou Lewe

Monday, February 01, 2010 [0Kommentaar ]

Kom loer in by die tee-fabriek!

Ons almal weet tee kom van 'n plant, maar hoe dit verander gedroogde bruin blaartjies in 'n sakkie? Ek het gaan uitvind en was heeltemal verstom!

Einde laas jaar was ek gelukkig genoeg om twee dae in Durban deur te bring saam met Vyf Rose en hul mense. Ek het gewonder of tee dan nou rêrig so interessant kan wees dat mens vir twee dae daaroor kan praat. Ek is wel 'n groot teeliefhebber, maar ek het nie gedink dat daar soveel werk in elke koppie gaan nie. 

Ons is eerste na die fabriek in die middestad. Hier word die tee gemeng, in sakkies geseël en verpak. Dinesh, Vyf Rose se teemeester (kyk vir sy naam op elke pakkie Vyf Rose), het ons daar ontmoet en na die laboratorium geneem waar hy en sy assistente die tee meng. Nes ek, wonder julle seker nou hoekom dit nodig is om tee meng? Wel, dis waar die kuns en tegniek inkom. 

Dinesh het verduidelik elke keer wanneer nuwe tee gemaak word, moet dit van voor af gemeng en geproe word. Elke resep is dus ook anders. Die blare wat hulle ontvang is elke liewe keer anders as die vorige keer, en dan kry hulle nog blare van sowat 15 verskillende teeplantasies in lande soos Suid-Afrika, Kenia en Malawi. Elke bietjie reën en droogte, son en wolke beïnvloed die tee. Die grond maak ook 'n verskil aan die smaak, kleur en sterkte van die tee. Nou verstaan julle seker hoekom 'n hele span mense moet seker maak dat elke koppie dieselfde smaak.

Hier maak die vrouens vir ons tee sodat ons die verskillende plantasies se tee kan proe. Elke bakkie word op presies dieselfde manier gemaak om 'n standaard te handhaaf.

Die tee word van die lepel afgeslurp en dadelik uitgespoeg, nie soos wynproe waar mens eers die wyn in jou mond rondspoel nie. Hul smaak is so sensitief dat hulle van hier af kan begin meng om dieselfde smaak te kry as die kontrole-tees van vorige mengsels. Dis nie iets waarvoor jy kan gaan leer nie. Dit is jare se werk en waarneem van ander teemeesters om self een te kan word.

 

Ons het ook die kans gekry spesialiteitstees soos Darjeeling, gerookte tee en Chinese "blooming" of "flowering" tee te proe. Laasgenoemde het pragtige name soos Flying to the moon, Oriental beauty en Lily fairy.

 

Kyk net hoe pragtig!

Ons is daarna bederf met 'n 5-ster-Afrika- high tea by die hotel. En was dit nie 5-ster nie! Die pikantste happies en mooiste soetgoedjies. Dié tema sluit aan by die nuutste tee van Vyf Rose, naamlik die Select African Blend. Dis sterker en donkerder in kleur met 'n meer aardse smaak - nes die kontinent. 

"Mmm, wat is daai?"

Die volgende dag het ons die lang pad deur die Middelland aangedurf na die Ntingwe-teeplantasie. Dis een van die plantasies waarvandaan Vyf Rose teeblare kry. Ongelukkig het die weer nie so lekker saamgespeel nie. Die laaste stukkie pad was baie modderig en met baie dik mis en baie water was dit nie verbasend dat ons vasgesit het nie. Dit het bygedra tot die avontuur en ons het lekker gelag!

Nadat almal se hare al windverwaai en ons wimpers vol wit doudruppels was, is ons bussie met behulp van die plaastrekker uitgesleep en ons het uiteindelik by die plantasie aangekom. Dis hier waar ons kon sien hoe tee werklik gemaak word. 

Die teeblare word elke paar dae gepluk - net die boonste paar blaartjies - en word in hierdie lang sementtrôe gesit. Vrouens gooi die blare deur 'n masjien, wat die blare fyn opsny, en van daar gaan dit op die vervoerband. 

Soos dit deur die proses gaan, verkleur die blaartjies van groen na bruin soos dit oksideer. Hitte help hiermee en ook om dit uit te droog. Dit gaan gereeld deur rollers om dit los te maak van mekaar. 

 

 

Hier word dit in die droër opgeneem. Warm lug blaas oraloor die blaartjies en so word dit droog. 

Uit die droër, op nog 'n vervoerband, deur rollers wat staties is. So word al die harder stukkies, soos die takkies van die blare, uitgewerk. Daar waai orals teeblaartjies rond!

 

Dromme met verskillende groottes siwwe skei die blaartjies. Die verskillende groottes word apart gehou en ook so verkoop, aangesien die grootte van die blare die uiteindelike smaak van die tee beïnvloed: Die kleinste stukkies maak byvoorbeeld dat die tee sterker is, maar kan nie in los teeblare verkoop word nie. 

 

Hier is die pakhuis waar die teeblare in sakke gehou word. Dit gee nuwe betekenis aan die woord "teesakkie"!

Met 'n warm koppie Vyf Rose Earl Grey langs my op die lessenaar dink ek terug aan 'n fantastiese tyd en hoe baie ek geleer het. Ek neem 'n slukkie en dink aan die mense wat so hard gewerk het om my middagkoppie tee te maak. Met al die nuwe kennis is ek beslis 'n groter teeleifhebber en drink met baie meer liefde en waardering elke koppie.

Dankie aan Vyf Rose en Match Creative Resource Agency vir die wonderlike ondervinding!

 

 

 

deur Tani Kirsten

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Jou Lewe blogs

Partykeer is dit die moeite werd om ver te ry agter ’n goeie storie aan. Hier by ons doen ons dit nie gereeld nie, maar toe ek Merewyn de Heer se juweliersware by die Design Indaba se ekspo sien, het ek net geweet ek moet eenvoudig iets oor haar doen. Dus het ek aan die werk gespring en die internet ge-surf, en nie lank daarna nie het ons ’n datum gereël vir ’n shoot. Die enigste vereiste van die grootbaas hier was bring meer as een storie terug.

deur Dala Watts

Plastiekbakkies is soos sokkies. Nie net omdat hulle soms 'n vreemde reukie het nie, maar omdat daar net twee stukke in 'n stel is en op een of ander manier gaan daar een stuk verlore.

deur Tani Kirsten

Ons almal weet tee kom van 'n plant, maar hoe dit verander gedroogde bruin blaartjies in 'n sakkie? Ek het gaan uitvind en was heeltemal verstom!

deur Tani Kirsten

Suid-Afrikaanse wyndrinkers hoor al jare lank dat hulle 'n sauvignon blanc moet geniet wanneer dit jonk en vars is, en - soos een van my vriende altyd sê - 'liefs voor die einde van die krieketseisoen'.

deur Diana Procter

Gas-blogger Sarah Barnhoorn vertel vir ons van Suid-Afrikaners wat 'n positiewe verskil maak - op hul eie manier.

deur Sarah Barnhoorn

My vroegste herinnering aan Kersfees is van hoe my ma my en my sussie toegedraai het in ’n skepping van wit net en silwer tinsel om ons koppe gedraai het, en waar ons erg dikbek vir die res van die familie eers Kerskonsert moes hou.

deur Dala Watts

Wynliefhebbers kan Veritas-wenners landwyd proe.

deur Diana Procter

Speech maak kom nie vir my natuurlik nie. Gewoonlik verkies ek om maar agter my rekenaar my ding te doen, maar soms gebeur dit tog dat ek ingee en wel êrens moet gaan praat.

deur Dala Watts

Ek was 'n paar dae gelede by die Old Biscuit Mill in Soutrivier vir 'n Kersfees bekendstelling.

deur Leanne Feris

Dis my verjaardagmaand en ek moes besluit wat ek van my man af wou hê. Ek het besluit op 'n geskenk wat nie net aanhou gee nie, maar ook help om die aarde te red. My keuse mag jou dalk verbaas - ek het besluit op 'n wurmplaas.

deur Tani Kirsten

Tyd en geld is maar altyd skaars - dus wou ek vir my verjaardag iets doen wat nie so baie tyd vat nie en nie die sak te veel ruk nie.

deur Erla-Mari Diedericks

Wat tulpe besonders maak, is dat hul nooit dieselfde lyk in 'n pot nie omdat hulle die hele tyd buig en ander vorms aanneem.

deur Erla-Mari Diedericks

Die afgelope tyd was soos 'n warrelwind van rond hardloop, verf, bou, prop, lag (soms skree) en natuurlik pragtige fotos.

deur Carla Nel

Ek het verlede jaar weer begin brei. Dis nou nadat ek laas in primêre skool gebrei het. En het ek dit gehaat!

deur Leanne Feris

Hierdie koekies laat my hart vinniger klop en dis maklik om te maak.

deur Erla-Mari Diedericks

Ons het 'n besige maand agter die rug hier by Idees. Ons het nie net ons tydskrif se voorkoms verander nie, maar het ook ons webwerf heeltemal nuutgemaak.

deur Leanne Feris

Soek alle Jou Lewe artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte