Click here for the English Version

Jou Lewe

Raad vir diabete [0Kommentaar ]

Lééf met diabetes

As jy sonder enige rede gewig begin verloor, en geïrriteerd en altyd moeg voel, is jy dalk 'n diabeet. Gelukkig kan jy dit beheer deur reg te eet.

Meer as 1,5 miljoen Suid-Afrikaners is diabete - en die helfte van hulle weet dit nie. Dikwels is dit omdat ouderdom die skuld kry vir baie van die simptome, byvoorbeeld dowwe visie en toenemende moegheid.

Hoewel diabetes nie genees kan word nie, is die goeie nuus dat dit baie goed beheer - en selfs voorkom - kan word.

Wat is diabetes?
Ons liggaam het insulien nodig sodat ons suiker kan gebruik vir energie. Diabetes ontstaan wanneer te veel suiker in die bloedstroom opbou omdat die liggaam se vermoë om insulien te vervaardig, afneem.

'n Mens kry drie soorte diabetes: Tipe 1, Tipe 2 en swangerskap-diabetes.

Tipe 1-diabetes
Tipe 1-diabetes ontstaan as die pankreas nie meer insulien vervaardig nie. Omdat daar geen insulien in die bloedstroom is nie, beteken dit jy is insulien-afhanklik en moet jouself daarmee inspuit.

Tipe 2-diabetes
By Tipe 2-diabetes is daar wel insulien in die bloedstroom, maar die liggaam kan dit nie doeltreffend gebruik nie en dit bou op in die bloed.

Swangerskap-diabetes
Dit is 'n tydelike toestand wat soms tydens swangerskap ontstaan, veral as daar oormatige gewigstoename is. Hoewel die simptome dikwels ná die geboorte van die baba verdwyn, is swangerskapdiabetes 'n teken dat jy later in jou lewe dalk Tipe 2-diabetes kan ontwikkel. As jy dus swangerskapdiabetes gehad het, moet jy noukeurig let op jou dieet en meer aktief raak om te voorkom dat jy later 'n diabeet word.

Faktore wat jou in gevaar stel

  • Oorgewig
  • Hoë bloeddruk en hoë cholesterol
  • 'n Ouer, broer of suster met diabetes
  • Diabetes tydens swangerskap

Tekens en simptome
As diabetes nie behandel of goed beheer word nie, kan dit lei tot komplikasies soos hart-, nier- en oogsiektes asook skade aan die senuwees. Hoe weet jy dus as jy diabetes het?

As jy van die volgende simptome toon, moet jy jou huisdokter raadpleeg om seker te maak dis nie diabetes nie. Hoe vroeër diabetes gediagnoseer word, hoe vinniger kan opgetree word om dit te beheer en sodoende kan jy komplikasies keer of uitstel. Van die tekens sluit in:

  • Is heeltyd dors
  • Wil dikwels urineer
  • Gewigsverandering (optel of verloor)
  • Erge moegheid of gebrek aan energie
  • Dowwe visie
  • Baie infeksies of infeksies wat oor en oor voorkom
  • Sny- en kneusmerke wat lank neem om te genees
  • Tintelende gevoel of lamheid in hande of voete

Wil jy meer weet?
Gaan na http://www.diabetessa.co.za/

Verwante artikels
Kleurvolle roerbraai en koeskoes

Alles wat jy wil weet oor lae-GI

Lamsvleis-en-boontjiebredie

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Jou Lewe blogs

Partykeer is dit die moeite werd om ver te ry agter ’n goeie storie aan. Hier by ons doen ons dit nie gereeld nie, maar toe ek Merewyn de Heer se juweliersware by die Design Indaba se ekspo sien, het ek net geweet ek moet eenvoudig iets oor haar doen. Dus het ek aan die werk gespring en die internet ge-surf, en nie lank daarna nie het ons ’n datum gereël vir ’n shoot. Die enigste vereiste van die grootbaas hier was bring meer as een storie terug.

deur Dala Watts

Plastiekbakkies is soos sokkies. Nie net omdat hulle soms 'n vreemde reukie het nie, maar omdat daar net twee stukke in 'n stel is en op een of ander manier gaan daar een stuk verlore.

deur Tani Kirsten

Ons almal weet tee kom van 'n plant, maar hoe dit verander gedroogde bruin blaartjies in 'n sakkie? Ek het gaan uitvind en was heeltemal verstom!

deur Tani Kirsten

Suid-Afrikaanse wyndrinkers hoor al jare lank dat hulle 'n sauvignon blanc moet geniet wanneer dit jonk en vars is, en - soos een van my vriende altyd sê - 'liefs voor die einde van die krieketseisoen'.

deur Diana Procter

Gas-blogger Sarah Barnhoorn vertel vir ons van Suid-Afrikaners wat 'n positiewe verskil maak - op hul eie manier.

deur Sarah Barnhoorn

My vroegste herinnering aan Kersfees is van hoe my ma my en my sussie toegedraai het in ’n skepping van wit net en silwer tinsel om ons koppe gedraai het, en waar ons erg dikbek vir die res van die familie eers Kerskonsert moes hou.

deur Dala Watts

Wynliefhebbers kan Veritas-wenners landwyd proe.

deur Diana Procter

Speech maak kom nie vir my natuurlik nie. Gewoonlik verkies ek om maar agter my rekenaar my ding te doen, maar soms gebeur dit tog dat ek ingee en wel êrens moet gaan praat.

deur Dala Watts

Ek was 'n paar dae gelede by die Old Biscuit Mill in Soutrivier vir 'n Kersfees bekendstelling.

deur Leanne Feris

Dis my verjaardagmaand en ek moes besluit wat ek van my man af wou hê. Ek het besluit op 'n geskenk wat nie net aanhou gee nie, maar ook help om die aarde te red. My keuse mag jou dalk verbaas - ek het besluit op 'n wurmplaas.

deur Tani Kirsten

Tyd en geld is maar altyd skaars - dus wou ek vir my verjaardag iets doen wat nie so baie tyd vat nie en nie die sak te veel ruk nie.

deur Erla-Mari Diedericks

Wat tulpe besonders maak, is dat hul nooit dieselfde lyk in 'n pot nie omdat hulle die hele tyd buig en ander vorms aanneem.

deur Erla-Mari Diedericks

Die afgelope tyd was soos 'n warrelwind van rond hardloop, verf, bou, prop, lag (soms skree) en natuurlik pragtige fotos.

deur Carla Nel

Ek het verlede jaar weer begin brei. Dis nou nadat ek laas in primêre skool gebrei het. En het ek dit gehaat!

deur Leanne Feris

Hierdie koekies laat my hart vinniger klop en dis maklik om te maak.

deur Erla-Mari Diedericks

Ons het 'n besige maand agter die rug hier by Idees. Ons het nie net ons tydskrif se voorkoms verander nie, maar het ook ons webwerf heeltemal nuutgemaak.

deur Leanne Feris

Soek alle Jou Lewe artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte