Click here for the English Version

Jou Lewe

Thursday, May 20, 2010 [0Kommentaar ]

Oor lughawens, ’n foutiewe blik-stem en nog stories …

Partykeer is dit die moeite werd om ver te ry agter ’n goeie storie aan. Hier by ons doen ons dit nie gereeld nie, maar toe ek Merewyn de Heer se juweliersware by die Design Indaba se ekspo sien, het ek net geweet ek moet eenvoudig iets oor haar doen. Dus het ek aan die werk gespring en die internet ge-surf, en nie lank daarna nie het ons ’n datum gereël vir ’n shoot. Die enigste vereiste van die grootbaas hier was bring meer as een storie terug.

Op pad Durban toe
So is dit dan dat ek vir Louisa (ons kosredakteur) vieruur die oggend, piknagdonker en bitter koud, oplaai sodat ons kan lughawe to gaan. Albei van ons het 'n effense benoudheid oor ons oor die nuwe Kaapstad-lughawe, maar alle vrese was verniet, die plek rock! Toe ons weer sien, toe sit ons al op die vliegtuig en twee ure later is ons in Durbs.

Nou kyk, dis hier waar die sports begin. Eerstens ken ek Durban net soos in vat die pad Suidkus toe na Margate, asook hoe om by uShaka uit te kom, dis waar my kennis van die paaie stop. Maar met my man se vriend se GPS onder die blad, het ons BAIE selfvertroue. Die eerste probleem kom al in die kar. Wat ook al ek intik wil nie werk nie, fotograaf Jan sit rustig agter, maar Louisa kry dit later reg, en daar gaan ons, op soek na die N3. Skaars uit die lughawe uit sê die dame op die GPS vir ons "turn left", wat ons toe doen, maar dit lyk verseker nie soos die N3 nie, eerder na 'n redelike scary area. Na 'n paar benoude oomblikke het ek ons terug op die grootpad, al die pad stad toe. Later het ons wel tussen die taxi's beland, maar tussen die chaos 'n N3-bordjie raakgesien. Die GPS-dame het eers weer haar rigting gekry toe ons uit ons eie uit die N3 opgespoor het (ook maar goed ek weet waar lê Pietermaritzburg). So eindig ons toe gelukkig by Merewyn, met haar huis wat uitkyk oor die heuwels van Natal, perde wat loop voor die huis en haar werkswinkel wat my view van Tafelberg amper oorskadu.


Merewyn by een van haar perde, wat sy van 'n gewisse dood gered het. Sy het hom by 'n slagter gekoop ...


Louisa en Merewyn. Ons is nog nie eens klaar met die onderhoud nie, maar ons het klaar ge-shop van haar juwele!

Merewyn maak juweliersware van klei, hekelwerk, lint en vilt, sy verskaf werk aan MIV-vrouens in die omgewing wat almal sukkel om werk te kry. Lees ons Augustus-uitgawe vir die artikel wat ek oor haar gedoen het.

Gelukkig is die mense van Durban super nice, ons volgende stop was in Kloof, waar ons 'n gaskok-storie met Gwynn gaan doen het. Sonder om twee keer te dink, het Merewyn in die kar gespring en ons al die pad soontoe gery (dink nie ons blik-vroutjie sou ons daar kry nie, ons het nie eens probeer nie, ek was al verdwaal by die derde kinkel in die pad).

Hier het ons ingestap in 'n Marokkaanse villa, Gwynn is mal oor die styl, en het ook vir ons Marokkaans gekook. Weer eens het sy 'n massiewe erf met die mooiste uitsig, asook haar eie rivier onderaan die erf.

 

Die uitsig van haar swembad af.

 

Gwynn se gastebadkamer met mosaïek, ons lesers is beslis op die ball wat hulle crafts betref! Die dak van die kamertjie bestaan uit klomp klein liggies wat soos sterre lyk, baie cool.

 

Waar Louisa ook al is, is daar altyd 'n glasie wyn te geniet, hier is sy en Gwynn tydens die shoot - lees meer oor Gwynn in ons Augustus-uitgawe.

Hierdie mooi mosaïektafeltjies het ons gesien by die Giba Gorge Mountain Bike-park, die plek is 'n mekka vir fietsryers wat hulself in die klowe kan gaan geniet. Na die tyd kan mens iets koels kom drink by die restaurant asook 'n draai gooi by die Giba-galery, beslis die moeite werd om hier 'n draai te maak.

 

 

Ek en Louisa by die mosaïektafeltjie by Giba Gorge. Onder is een van die paadjies deur die park. Gaan na info@gibagorge.co.za vir meer inligting, hier is genoeg vir kinders en groot mense om te doen.

 

Al ooit gehoor van 'n wynplaas in die Midlands Meander? Wel, dit was ons volgende stop gewees. In gietende reën het ons die pad gevat en hier teen middagete se kant ingedraai by die plaas Abingdon, naby Lions River. Dit lyk heeltemal vreemd om Kaapse wingerde in Natal te sien, maar glo my, die wyn is fantasties. Ian lyk my is 'n man wat hou van nuwe dinge doen, en hy het besluit hy wil wyn maak, en vandag kan mens heerlik in hulle pub gaan sit en Jane se kos geniet saam met Ian se wyn.

Lees meer oor Jane se kookvernuf in die Julie-uitgawe, die pastei wat sy gemaak het is 'n moet, asook haar tuisgemaakte brode.

 


Jane van Abingdon Estate, sy kook al die kos wat hier bedien word, glo my, julle kan maar hier aanry vir die kos en die wyn.

 

 


Onder die wingerde in die Midlands Meander.

Na vier shoots en stories was dit tyd vir huis toe gaan. Met die hulp van my dierbare skoonsus het ons die Durban-lughawe gekry, Louisa en ek skoon opgewonde, ons het 'n spareribs-ritueel elke keer wat ons weggaan (mens kan sien ek mag dit nie by die huis eet nie!), so ons was reg vir die Spur.

Uiterste chaos op die Durban-lughawe, ons het die laaste dag van die ou lughawe gekies om terug te vlieg Kaap toe. Meeste restaurante was klaar leeg, besig om oor te trek na die nuwe lughawe, gelukkig was die goeie ou Spur nog oop, maar propvol, maar so is ons daar in met bagasie, kamerasakke, al my familie en njammie, ek was happy.

Wonder bo wonder het ons maklik ingeboek, maar o wee, aan die ander kant gekom, geen sitplek?! Die stoele is almal oorgeneem na die nuwe lughawe, nou ja toe, dan gaan soek ons maar wyn, ten minste is daar nog sitplek in die kroeg, maar nee, geen drank, geen ys, geen koeldrank, alles is op!

Gelukkig bespeur ek en Louisa 'n boksie Namakwaland-rooiwyn, en wonder bo wonder, ons kan elk 'n glasie kry (ons was vroeg op die lughawe, moes die tyd op een of ander manier omkry!)


Teen dié tyd dink ek was Jan al redelik moeg vir my en Louisa, amper op pad huis toe.


Chaos op die lughawe, hier en daar 'n stoel om op te sit, almal het maar so half verlore rondgestaan, hierdie is geneem 'n uur voor die lughawe finaal toe sou maak.

Baai-baai Durbs ...
Ek is redelik sentimenteel oor die Durban-lughawe, vir my gaan dit gepaard met vakansies aan die Suidkus by my familie, die hartseer tyd tydens my broer se begrafnis, die lekker tye van soontoe vlieg vir werk, en nou die laaste vlug wat ons neem vanaf die Durban International Airport ...

deur Dala Watts

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Jou Lewe blogs

Partykeer is dit die moeite werd om ver te ry agter ’n goeie storie aan. Hier by ons doen ons dit nie gereeld nie, maar toe ek Merewyn de Heer se juweliersware by die Design Indaba se ekspo sien, het ek net geweet ek moet eenvoudig iets oor haar doen. Dus het ek aan die werk gespring en die internet ge-surf, en nie lank daarna nie het ons ’n datum gereël vir ’n shoot. Die enigste vereiste van die grootbaas hier was bring meer as een storie terug.

deur Dala Watts

Plastiekbakkies is soos sokkies. Nie net omdat hulle soms 'n vreemde reukie het nie, maar omdat daar net twee stukke in 'n stel is en op een of ander manier gaan daar een stuk verlore.

deur Tani Kirsten

Ons almal weet tee kom van 'n plant, maar hoe dit verander gedroogde bruin blaartjies in 'n sakkie? Ek het gaan uitvind en was heeltemal verstom!

deur Tani Kirsten

Suid-Afrikaanse wyndrinkers hoor al jare lank dat hulle 'n sauvignon blanc moet geniet wanneer dit jonk en vars is, en - soos een van my vriende altyd sê - 'liefs voor die einde van die krieketseisoen'.

deur Diana Procter

Gas-blogger Sarah Barnhoorn vertel vir ons van Suid-Afrikaners wat 'n positiewe verskil maak - op hul eie manier.

deur Sarah Barnhoorn

My vroegste herinnering aan Kersfees is van hoe my ma my en my sussie toegedraai het in ’n skepping van wit net en silwer tinsel om ons koppe gedraai het, en waar ons erg dikbek vir die res van die familie eers Kerskonsert moes hou.

deur Dala Watts

Wynliefhebbers kan Veritas-wenners landwyd proe.

deur Diana Procter

Speech maak kom nie vir my natuurlik nie. Gewoonlik verkies ek om maar agter my rekenaar my ding te doen, maar soms gebeur dit tog dat ek ingee en wel êrens moet gaan praat.

deur Dala Watts

Ek was 'n paar dae gelede by die Old Biscuit Mill in Soutrivier vir 'n Kersfees bekendstelling.

deur Leanne Feris

Dis my verjaardagmaand en ek moes besluit wat ek van my man af wou hê. Ek het besluit op 'n geskenk wat nie net aanhou gee nie, maar ook help om die aarde te red. My keuse mag jou dalk verbaas - ek het besluit op 'n wurmplaas.

deur Tani Kirsten

Tyd en geld is maar altyd skaars - dus wou ek vir my verjaardag iets doen wat nie so baie tyd vat nie en nie die sak te veel ruk nie.

deur Erla-Mari Diedericks

Wat tulpe besonders maak, is dat hul nooit dieselfde lyk in 'n pot nie omdat hulle die hele tyd buig en ander vorms aanneem.

deur Erla-Mari Diedericks

Die afgelope tyd was soos 'n warrelwind van rond hardloop, verf, bou, prop, lag (soms skree) en natuurlik pragtige fotos.

deur Carla Nel

Ek het verlede jaar weer begin brei. Dis nou nadat ek laas in primêre skool gebrei het. En het ek dit gehaat!

deur Leanne Feris

Hierdie koekies laat my hart vinniger klop en dis maklik om te maak.

deur Erla-Mari Diedericks

Ons het 'n besige maand agter die rug hier by Idees. Ons het nie net ons tydskrif se voorkoms verander nie, maar het ook ons webwerf heeltemal nuutgemaak.

deur Leanne Feris

Soek alle Jou Lewe artikels

 Soek           Lys Alles

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte