Idees in samewerking met RoC® het Moedersdag in styl gevier met twee ma-en-dogter-ontbytsessies in Pretoria en Kaapstad.
Daar was honderd lesers by elke sessie en hulle het die oggend se vyfster-ontbyt, Welmoed-wyne en -vonkelwyn en jazz saam met die Idees-span geniet. Almal het behoorlik aan die sprekers se lippe gehang.
Nico Thirion, RoC® se nasionale opleidingsbestuurder, het die nuutste velsorg bespreek en die geheime van tydlose skoonheid met lesers gedeel, terwyl Carl, modestilis van Truworths, vertel het van die nuutste modes en hoe jy aantrek vir jou figuur - wat jou ouderdom ook al is.
Marlize Lotz, Idees se vorige handwerk-en-dekorredakteur, het 'n handwerksessie aangebied, en soos altyd is die Idees-span omtrent geïnspireer deur ons entoesiastiese lesers se kreatiwiteit!
Om die dag perfek af te rond, het elke leser 'n geskenksak met meer as R600 se RoC®-velsorgprodukte gekry.
Dankie aan al die lesers wat die dag saam met ons kom geniet het. Ons sien klaar uit na volgende jaar se sessie!

Foto's: Francois Oberholster en Anel Botha