Click here for the English Version

Dagboek

Découpage 'n perspeksarmband

By dié praktiese sessie gaan ons jou stap vir stap wys hoe om jou eie moderne bykomstighede te maak en dit met découpage te versier.

Jy gaan 'n armband maak, maar met die tegnieke wat jy leer sal jy nog groter projekte kan aanpak by die huis.

KAAPSTAD
Aangebied deur Marlize Lotz, ons vorige handwerk-en-dekorredakteur

Datum
Dinsdag, 22 Junie 2010

Tyd
9.30 vm.-12 nm.

Daar is ook 'n aandsessie:
Tyd
5.30 nm.-8 nm.

Plek
Idees se ateljee, 22ste vloer, Naspers, Heerengracht

JOHANNESBURG
Aangebied deur Meryl da Costa van Mosaic Me Baby

Datum
Dinsdag, 22 Junie 2010

Tyd
9.30 vm.-12 nm.

Daar is ook 'n middagsessie:
Tyd
2.30 nm.-5 nm.

Plek
2de vloer, Protea Place 6, Suid-blok, Protea Park, Sandown

BESPREEK NOU JOU PLEK!
Bel Qubia Brink by 021 406 3121, e-pos vir haar by qbrink@media24.com of stuur 'n SMS met die woord 'werksessie' na 32467. (SMS'e kos R1 elk.)

SLUITINGSDATUM 9 Junie 2010

KOSTE
R200 (intekenare betaal net R180), insluitend verversings en die nuutste uitgawe van Idees. LET WEL Verstrek asseblief jou intekennommer om vir die afslag in aanmerking te kom. Skakel 0860 109 129 as jy nog nie joune het nie.

Geen bespreking sal bevestig word voor die betaling ontvang is nie. 'n Kansellasiefooi van 50% sal gehef word op kansellasies wat meer as 'n week voor die werksessie gemaak word. Indien 'n bespreking in die week van die werksessie gekanselleer word, sal die volle bedrag verbeur word. Lesers sal telefonies in kennis gestel word indien 'n werksessie weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer of uitgestel word.

Soek alle artikels

 Soek           Lys Alles