Click here for the English Version

Dagboek

Piouter-fotoraam

Kom geniet 'n kreatiewe werksessie saam met ons in Johannesburg of Kaapstad.

Piouter-fotoraam
Kom leer van die verskillende maniere om piouter 'n interessante tekstuur te gee. Ons neem jou deur die verouderings- en poleerproses en wys jou hoe om 'n raam met piouter te versier.

Kaapstad
Aangebied deur Sandy Griffiths, skrywer van Maklike piouterprojekte en Piouter dit
Datum Donderdag
26 Augustus 2010
Tyd 5.30 nm. tot 8 nm.
Plek Idees se ateljee, 22ste vloer, Naspers,
Heerengracht

Johannesburg
Aangebied deur Elize Roodt van Pewter Art
Datum Saterdag
28 Augustus 2010
Tyd 9 vm. tot 11.30 vm.
Plek 2de vloer, Protea
Place 6, Suid-blok, Protea Park,
Sandown

Handbedrukte kussingslope
Skermdrukwerk kan gebruik word op enigiets van T-hemde tot tafel- en bedlinne. Ons wys jou stap vir stap hoe om skermdrukwerk te doen en jou eie kussingslope te bedruk.

Kaapstad
Aangebied deur Marlize Lotz, ons vorige handwerk-endekorredakteur
Datum Donderdag
19 Augustus 2010
Tyd 5.30 nm. tot 8 nm.
Plek Idees se ateljee, 22ste vloer, Naspers,
Heerengracht

Johannesburg
Aangebied deur Meryl da Costa van Mosaic Me Baby
Datum Saterdag
21 Augustus 2010
Tyd 9 vm. tot 11.30 vm.
Plek 2de vloer, Protea
Place 6, Suid-blok, Protea Park,
Sandown

KOSTE R200 (intekenare betaal net R180), verversings en die nuutste uitgawe van Idees ingesluit.
Geen bespreking sal bevestig word voor die betaling ontvang is nie. 'n Kansellasiefooi van 50% sal gehef word op kansellasies wat meer as 'n week voor die werksessie gemaak word. Indien 'n bespreking in die week van die werksessie gekanselleer word, sal die volle bedrag verbeur word. Lesers sal telefonies in kennis gestel word indien 'n werksessie weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer of uitgestel word.
BESPREEK NOU JOU PLEK! Bel Daryl Roberts by 021 406 3121, e-pos vir hom by daryl.roberts@media24.com of stuur 'n SMS met die woord ‘werksessie' na 32467. (SMS'e kos R1 elk.) SLUITINGSDATUM 11 Augustus 2010. LET WEL Verstrek asseblief jou intekennommer om vir die afslag in aanmerking te kom. Skakel 0860 109 129 as jy nog nie joune het nie.

 

Soek alle artikels

 Soek           Lys Alles