Click here for the English Version

Kompetisies

Wen pryse ter waarde van
R2 500

Jy kan een van 10 Bostik-geskenkpakke ter waarde van R250 elk wen.

Bostik is bekend vir hul topgehalte-, innoverende skryfbehoeftes, en hulle het nou weer 'n produk bekend gestel waaroor jy mal sal wees: die Bostik Face Paint-pennestel.  

Dié gesigverfpenne sal handig te pas kom noudat die Wêreldbeker-sokkertoernooi om die draai lê, maar dis ook ideaal vir alle ander sportdae en -wedstryde, skoolbyeenkomste, partytjies, of sommer net om 'n bietjie pret by die huis te hê.

Die nie-giftige waterbasis-penne kom in ses helder kleure, is maklik om te gebruik en veilig vir die meeste veltipes.

  • Wend glad op die vel aan.
  • Die kleure - swart, wit, geel, rooi, blou en groen - kan gemeng word om ander kleure te maak.
  • Die verpakking is met vlae versier.
  • Ideaal vir skoolopvoerings, kuns- en dramaklasse, tema- en kinderpartytjies en nog baie meer.
  • Veilig vir kinders bo vier jaar oud, suurvry en volkome wasbaar.

Landwyd te kry by Pick n Pay en Checkers se hipermarkte, Game en Reggie's teen sowat R55 per pak. Skakel 0800 222 400 of gaan na http://www.bostik.co.za/ vir nog inligting en wonderlike handwerk-idees!

Die pryse
Tien Idees-lesers wen elk 'n geskenkpak met 'n Bostik-sportsak, die nuwe Bostik Face Paint-stel, Bostik Glue Stick, Bostik Prestik, Bostik Clear Gel Adhesive, Bostik Super Glue, Bostik Sew Simple en Bostik Super Clear Tape. Elke prys is R250 werd.

Vraag: Wat is die naam van Bostik se nuwe produk?

Kompetisiereëls
Die pryse gaan aan die eerste 10 korrekte inskrywings wat getrek word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Personeellede van Bostik en Media24, asook hul advertensie-agentskappe en gesinne mag nie deelneem nie. Die pryse kan nie verander, oorgedra, uitgebrei of vir kontant geruil word nie. Die pryse is onderhewig aan beskikbaraheid en lewering deur die borg. Die kompetisie sluit op 13 April 2010.

Inskrywingsvorm
Naam:
Van:
e-pos-adres:
Antwoord:
Teken in op ons nuusbrief

Soek alle artikels

 Soek           Lys Alles