Dit was Marilyn Monroe se geliefkoosde drankie en dis bo-aan almal se lys van vonkelende plesier. Lig, vol borrels, 'n gawe van die gode, dis die drankie wat sê: 'Vandag is baie spesiaal.'
Dis hoekom Welmoed Charmat Brut so 'n goeie keuse is om saam met jou beminde te geniet. Dis 'n verleidelike drankie met vars tropiese-vrugte-geure en 'n verfrissende smaak. Bedien dit yskoud as 'n aperitief vir enige spesiale okkasie. Dis ook perfek saam met slaai, vis- en hoendergeregte.
Jy sal net so verlief wees op die prys - R42,95 by kleinhandelaars landwyd. Gaan na www.welmoed.co.za vir nog inligting.

Wie sê dit moet Valentynsdag wees voor jy en jou beminde julself kan bederf? Nie Welmoed nie!
Wen een van 10 Welmoed-geskenkpakke bestaande uit vonkelwyn en sauvignon blanc ter waarde van R250.
Stuur jou kontakbesonderhede aan info@welmoed.co.za met 'Idees-tydskrif' in die onderwerpveld en daar wag dalk net 'n geskenk vir jou in die pos.
Kompetisiereëls
Die pryse gaan aan die eerste 10 korrekte inskrywings wat getrek word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die wenners sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word. Personeellede van Welmoed en Media24, asook hul advertensie-agentskappe en gesinne, mag nie deelneem nie. Die pryse kan nie verander, oorgedra, uitgebrei of vir kontant geruil word nie. Die pryse is onderhewig aan beskikbaarheid en lewering deur die borg. Die kompetisie sluit op 13 April 2010.