Click here for the English Version

Kompetisies

Skep en wen

Wys ons jou handewerk en wen fantastiese pryse van meer as R30 000.

Vanjaar vier ons ons lesers se kreatiwiteit! Idees (eers Woman's Value) vier ons 30ste verjaardag in September en ons is op soek na 30 fantastiese idees - een vir elk van ons 30 jare - om in ons verjaardag-uitgawe te publiseer.

Dit maak nie saak of jy bak, brei, hekel, stensil, verf of kook nie. Ons wil graag sien wat jy gemaak het. Die 30 wenners se handewerk gaan nie net professioneel gestileer en afgeneem word om in die tydskrif te verskyn nie, elkeen gaan ook 'n wonderlike geskenkpak ter waarde van meer as R2 000 kry.

As dit dalk nie genoeg is om jou aan te spoor nie, het ons ook 'n prys ter waarde van meer as R30 000 vir die algehele wenner met die beste kreatiewe idee: vier nagte in die Premier Hotel Knysna - The Moorings. Sy kry ook 'n stel luukse Samsonite Cosmolitetasse, vliegkaartjies en 'n huurmotor.

Inskrywings sluit al 14 Junie 2010 om ons genoeg tyd te gee om al die inskrywings voor te berei vir ons verjaardag-uitgawe. Die wenner sal in dieselfde uitgawe aangekondig word.

Sluit asseblief 'n stel stap-vir-stap-foto's in wat wys hoe jy jou artikel maak, 'n naby foto van die finale produk, die totale koste en duidelike aanwysings (met 'n lys van benodigdhede) en hoe lank dit neem om te maak. So kom vier 30 jaar van kreatiwiteit saam met ons.

Skryf op 2 maniere in:

  • Pos jou inskrywing en kontakbesonderhede aan Idees/Vier jou kreatiwiteit-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000.
  • Stuur 'n e-pos met jou inskrywing en besonderhede aan kompetisies@idees.co.za. Skryf 'Kreatiwiteit' in die onderwerpveld. (Deur per e-pos in te skryf, gee jy vir ons toestemming om jou ook so te kontak.)

Die wenner kry:

  • Vier nagte vir twee ter waarde van meer as R20 000 in die Premier Hotel Knysna - The Moorings. Lees meer op www.premierhotels.co.za.
  • 'n Tas op wiele en grimeertassie uit Samsonite se Cosmolite-reeks. Die prys is R10 000 werd en die wenner gaan verseker in styl reis.
  • Vlugte met die komplimente van 1time, wat deur ACSA aangewys is as die beste laekoste-redery. Bespreek op www.1time.co.za.
  • 'n Huurmotor geborg deur Budget, wat al meer as 40 jaar lank motors uitverhuur en 102 takke reg oor Suid-Afrika, Namibië en Botswana het. Bel 086 101 66 22 vir navrae.

Finaliste
Die 30 finaliste kry elkeen 'n geskenkpak ter waarde van meer as R2 000.

Kompetisiereëls

  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
  • Personeellede van Media24, die Premier Hotel Knysna - The Moorings, Samsonite, Glodina, 1time, Budget en hul advertensieagentskappe en gesinne mag nie deelneem aan die kompetisie nie.
  • Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en lewering deur die borg.
  • Die kompetisie sluit op 14 Junie 2010.

Soek alle artikels

 Soek           Lys Alles