Jy kan een van vier gelukkige lesers wees wat 'n Noritake-geskenk ter waarde van R7 686 elk wen.
Die Noritake Arctic White-eetservies, klassiek rond of in die moderne vierkantige en reghoekige vorm, maak elke ete spesiaal. Die porselein lyk dalk fyn, maar dis bestand teen die skottelgoedwasmasjien én mikrogolfoond.
Om by jou eetservies te pas, kry jy ook 'n stel Forum Countess-messegoed en 'n stel Luigi Bormioli Gourmet-wynglase. Die messegoed met hul elegante ontwerp word van die beste vlekvrye staal gemaak, terwyl die wynglase spesifiek ontwerp is om die smaak en geur van 'n wyn uit te bring. Dis die toppunt van styl en elegansie - als waarvoor dié naam al die afgelope 60 jaar staan.
Bel MIC by 011 417 6600 of stuur 'n e-pos na marketing@micsa.co.za as jy wil weet waar jou naaste handelaar is.
Die prys
Vier gelukkige Idees-lesers wen elk 'n Noritakegeskenk ter waarde van R7 686.
Totale waarde
R30 744
Vraag
Watter kleur is die Noritake-eetservies wat jy kan wen?
Sluitingsdatum
22 Junie 2010
Kompetisiereëls
- Die pryse gaan aan die eerste vier korrekte inskrywings wat getrek word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Die wenners sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word.
- Personeellede van MIC en Media24, asook hul advertensie-agentskappe en gesinne, mag nie deelneem nie. Die pryse kan nie verander, oorgedra, uitgebrei of vir kontant geruil word nie.
- Die pryse is onderhewig aan beskikbaarheid en lewering deur die borg.
- Die kompetisie sluit op 22 Junie 2010.