Click here for the English Version

Kompetisies

WEN Jy kan een van vier stele Defy-produkte ter waarde van R15 000 elk wen. toestelle van R60000

Wie't gesê jy kan nie plig en plesiermengnie? Defyhet 'n manier gekry om huishoudelike
take in 'n aangename ervaring te omskep met hul kombuistoestelle wat die beslommernis uit klere- en skottelgoedwas haal.
Ons maak al sedert 1932 staat op Defy om ons lewens makliker te maak en dié toestelle doen presies dit. Met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser van Defy hoef jy nooit weer te sit met verrimpelde hande nie.

Die Defy Maximaid 850-voorlaaier kan enigiets van net 'n bondeltjie tot die hele gesin se wasgoed hanteer. Dit het verskillende wenteltempo's en temperature, 12 wasprogramme - waaronder 'n blits-was-opsie en een wat kreukels uithou - asook 'n uitstel-funksie.
Die vlekvryestaaldrom sal 'n leeftyd hou, en met die lae waterverbruik en outomatiese waterbeheer-stelsel gee dié masjien om vir jou gesin én die omgewing.

Die Defy autodry premiumtuimeldroër het elektroniese sensors wat klere gou droogmaak en sorg vir uitstekende energiedoeltreffendheid. Jy hoor 'n gonsgeluid aan die einde van die siklus, en die ‘clean filter'-liggie sal jou herinner om die pluisfilter, wat maklik is om by te kom, skoon te maak. en met die omgekeerde tuimel-aksie sal almal in 'n oogwink aangetrek en gereed wees.

Die Defy Dishmaid Super Silentskottelgoedwasser het plek vir 12 van elke tipe bord. Dit het vyf wasprogramme en twee temperatuurverstellings.Die vlekvryestaalbinnekant het twee sproei-arms en 'n versteekte element. Daar is elektroniese beheerknoppies en hy wys wanneer die sout op is. Met sy spesiale klankdigte voerings sal jy nie eens weet die skottelgoedwasser is aan nie! boonop gebruik hy so min water en krag, jy sal dit nie eens agterkom op jou water-enligte- rekening nie.

DIE PRYS
Vier Idees-lesers wen elk drie Defyprodukte ter waarde van R15 000:

Defy Maximaid 850-voorlaaier
Defy Autodry Premium tuimeldroër
Defy Dishmaid Super Silent skottelgoedwasser


VRAAG
Hoeveel wasprogramme het die Defy Maximaid 850-voorlaaier?

SLUITINGSDATUM 20 Julie 2010

Jy kan op 4 maniere inskryf:

Stuur die antwoord op die vraag en jou kontakbesonderhede na
Idees/Defy-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8001.
SMS ‘Defy', jou antwoord en jou naam en adres na 35402 (SMS'e kos R3 elk).*
Stuur 'n e-pos met jou antwoord, naam en adres na kompetisies@ idees.co.za en skryf ‘Defy' in die onderwerpveld.*
Gaan na www.idees.co.za en skryf aanlyn in.

• Deur per SMS of e-pos in te skryf, gee jy vir ons toestemming om jou ook so te kontak


Kompetisiereëls •

Die pryse gaan aan die eerste vier korrekte inskrywings wat getrek word. • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. • Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. • Personeellede van Defy en Media24, asook hul advertensie-agentskappe en gesinne, mag nie deelneem nie. • Die pryse kan nie verander, oorgedra, uitgebrei of vir kontant geruil word nie. • Die pryse is onderhewig aan
beskikbaarheid en lewering deur die borg. • Die kompetisie sluit op 20 Julie 2010.

 

Inskrywingsvorm
Naam:
Van:
e-pos-adres:
Antwoord:
Teken in op ons nuusbrief

Soek alle artikels

 Soek           Lys Alles