Jy kan een van ses geskenkpakke van R5 000 elk van Le Creuset wen.
Goeie kos kom van goeie bestanddele en goeie kookgerei. Daarom kan jy nie beter kos maak as met le Creuset nie.
le Creuset, die wêreld se tophandelsnaam in emalje-en-gietysterpotte, word al sedert 1925 in frankryk vervaardig. uitstekende gehalte en materiale en innoverende ontwerp maak le Creuset-produkte spesiaal.
Die kleefvrye vlekvryestaal-braaipan van 28 cm het drie lae metaal: vlekvrye staal aan die buitekant en aluminium aan die binnekant wat die hitte eweredig versprei. Die handvatsels is ergonomies en jy kan souse uitgooi sonder om te mors.
Die ronde kasserolskottels van 22 cm en 28 cm het 'n kapasiteit van 3,3 liter en 6,7 liter onderskeidelik. Die emalje-afwerking is superglad, duursaam en higiënies. Stowe, smoor, prut, rooster, kook of bak - met le Creuset is dit 'n plesier ... van die stoof tot die oond tot die tafel en die skottelgoedwasser.
le Creuset-kookware is te kry in 'n verskeidenheid vorms, groottes en kleure. gaan na www.lecreuset.co.za of bel 0861 773321 (deeloproep).
DIE PRYSE
Ses Idees-lesers wen elk Le Creusetprodukte ter waarde van R5 000:
• kleefvrye vlekvryestaal-braaipan van 28 cm
• ronde kasserolskottel van 22 cm
• ronde kasserolskottel van 28 cm
Vraag: Waar word Le Creuset se emalje-en-gietyster-potte gemaak?
Sluitingsdatum: 24 Augustus 2010
Jy kan op 4 maniere inskryf: • Pos die antwoord en jou kontakbesonderhede na Idees/Le Creuset-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000. • SMS ‘Le Creuset', jou antwoord, en jou naam en adres na 35402 (SMS'e kos R3 elk).*
• Stuur 'n e-pos met jou antwoord na kompetisies@idees.co.za. Skryf ‘Le Creuset' in die onderwerpveld.* • Gaan na www.idees.co.za en skryf aanlyn in.
Kompetisiereëls • Die pryse gaan aan die eerste ses korrekte inskrywings wat getrek word.
• Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. • Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. • Personeellede van Le Creuset en Media24 asook hul advertensieagentskappe en gesinne mag nie deelneem nie.
• Die pryse kan nie verander, oorgedra, uitgebrei of vir kontant geruil word nie. • Die pryse is onderhewig aan beskikbaarheid en lewering deur die borg.
• Die kompetisie sluit op 24 Augustus 2010.